8:00 meer van n opwarming van iets wat nou net dood gegaan het

8:30 ok voel asof die sahara in my mond vergroei het

8:45 besluit dat n stort ons dalk sal laat beter voel

8:50 N stort laat ons nie beter voel nie blah

9:00 Suiker af na die eet kwartier toe en ontmoet n dame wat van stellenbosch af
kom en privaat studeer
9: 45 besef ons het 10uur n show sluk die koffie en laat spaander

9:50 WOW dis waar my pa op die ARMY was en van waar al daai gerugte army stories vanaan kom dit verdien n foto ☺

10:00 betree die ouditoriom en voel asof alles beweeg net dit doen nie its all in our mind hehe ( I see moving people )

11:50 ons het die stuk samurai gekyk, WAT n ongelooflike stuk, dit stel die saak van die waterkloof vier in n ander lig, dit is defnitief die kyk werd gewees.

12:00 vind n CAFÉ en skaf twee bottles water aan vir goeie rede want ons voel soos tweee dorre stukkies biltong en skaf n nuwe tande borsel aan, moenie eens vra nie

12:30 besluit dat die broosigheid ons nog aan die hoof beet het en besluit dat n lekker middag dutjie ons sal goed doen.

14:15 Oh yhell ons het n show 14:30 spring in die kar en jaag, kan jy nou meer wanneer jy parkering die nodigste het sal jy nie kry nie, maar vind tog wel met etlike minute om te spaar parkering.

14:25 N hardlopie is in die orde van die dag

14:30 Kyk Cocktails en cordial met tobie jooste en franscious Ferreira, baie goeie show vol alcholiese versnaperingtjies.

15:30 Besluit die aands nog jonk maar die moegheid knaag aan ons weg en elke denke na bier of ENIGIETS in daai lyn laat jou maag hoepel draai en tiekie draai.

15 45 Terug by die kamer besluit om maar tot so 18:00 te dut

18:15 Gaan vind kos in die dorp iets wat volwaardig kan strek as voedsaam en nie stokbrood roosterkoek of hot dogs nie …

19:00 Na n wyle se geonderondsie in die strate van OUdshoorn besluit ons toe op die ongelooflike nie kreatiewe spur en word aangenaam verras met hoe vol die plek is .

20:15 Goeie kos vat langer om te maak lol en dit was FANTASTIES

21:20 Vaar die Fees terrain in en vind n tannie wat LEKKER moer koffie verkoop
en hak so bietjie vas daar, loop ook in Liezel vas, wat heel gesellig ons saam noun a waar ookal hulle mag gou, maar haar spongebob square pants vriendin het nie die vrede vertrou nie en heel ontfermend oor haar vriendin opgetree en ons van hand gewys, Komplimente aan jou, baie respek in my oe verdien 😉

22:30 Gaan vis by die leeukuil saam met ons ander trawante n glasie lekkegeit uit die dam vol bottles, maar BAIE beheerst die keer 😉

23:30 Maak ons loop dop klaar en gaan soek na die aligheid van n sagte bed wat met n verfriste en gemoedsame hart vannaand stil staan en ons se DANK die vader ons het nie vannaand in daai amerikaners vas ge loop nie

tataaa ZZZzzzZZzzZZ

Oorspronklik op Facebook geplaas: https://www.facebook.com/notes/683259858978880/

Spread the love