In Sondag, 14 Februarie se Rapport skryf Prof. Jannie Rossouw (“Die dag toe SA sy ponde ruil vir rande“) oor Suid Afrika se eerse silwermunte van 1961. Dié silwermunte is later in 1965 met ander goedkoper nikkelmunte vervang.

Hierdie praktyk laat my dink aan die Romeinse reik onder Keiser Nero waar owerhede deur geldsnippery, oftewel “coin clipping” die waarde van hul geld kon verdun.

Die idee was om die geldvoorraad uit te brei deur die munte af te smelt en met munte van ‘n mindere waarde te vervang.

Sodoende was daar meer munte in omloop en die staat kon meer bestee.

In lig hiervan is inflasie dus nie eintlik die pryse wat opgaan nie, maar die koopkrag van elke munt wat afneem.