7:30 Ons wou 7 uur ry maar dis ons road trip so die skedule is ons s’n. Deal with it, hahaha!

8:30 Na ‘n lang gesprek met die omie van die gastehuis wat ook ‘n groot Shark supporter is (haha) besluit ons om Philipolis deur te skiet. Jip, die raad van die ou oom. Mense, woord van wysheid – as ‘n local vir jou sê watse pad om te ry, maak seker dit lyk nie soos die oppervlakte van die maan nie!!!

8:30 -9:30 Vind Philipolis in ’n maankrater; ry versigtig want as ons ‘n band hier \
verloor kan ons net sowel op die maan sit! Hier is niks nie – nie eens die soete klanke van n selfoon sein nie… die paadjie is grys, die gate is diep, maar ons ywer is groot en ons harte nog groter! (Okay, freaky!)

9:45 In Philipolis word ons oorvloed met herinneringe van die 2002 KZN Jeugkoortoer – die witblits, koue aande en velore kanse. Van jong dom goed en die sprokies wat vrees in almal se harte gewek het – die goeie ou dae! Vind ‘n tee tuin (die enigste oop restaurant alweer!) wat waaragtig vir ons ‘n FULL SPREAD ontbyt aanbied EN ons net 40 rand uit die sak jaag! Ontmoet n klomp PMB mense daar met dieselfde idee as ons. RESPECT! O ja, daar’s WEL 3G sein in Philipolis… maar nie baie nie!

10:30-12:30 BLOEMIES BABY! Wag, die game’s vandag hier (Sharks en die Cheetahs)… kontempleer hier bly en die game sien of terugry. Ok, hier was die pros en cons – een : ons gaan kyk die game en slaap oor. Nie ‘n bad idee nie. 2. Ons sou nie terug kan kom in Durbs nie. Ok, ons wil eerder terug kom in Durbs. Maklik genoeg!

12:45 -14:00 Nuttig middag ete by die Keller restaurant.

14:02 Dankie die bill asb.

14:07 Dankie nog ‘n … bier ??? Shot, het nie geweet “bill” en “bier” beteken dieselfde
ding hier nie!

14:30 Ons het die bill gekry en geskuif. Opsoek na hubbly.

14:35 Vind Cool Runnings. KRY hubbly. YEAH

15:15 Moet ongellukig waai.

15:30 – 17:00 Ry, ry, ry, stop. Ry, ry, ry, stop. Senekal ens. WOW! Word voorgekeer deur polisie – bliksems! Blykbaar 94 km/h in ‘n 60 sone. Hulle soek ’n bribe!! “Kan ons hom nou hier settle?”… se vir hulle ons het nie genoeg geld om nou die kaartjie te betaal nie. “Toe, skryf vir ons ’n boete!” en word ondervra of ons whiskey het, met die antwoord “luister as ek vir jou whiskey gee sluit jy my toe in die tronk” en “nee, ek het nie whiskey nie, Oom Polisieman!”. Laat ons gaan met ’n waarskuwing.

17:20 Oef! Net ons tyd gemors.

17:20 – 21:00 Ry, ry, ry, aah! N2! Kry kos by Steers en besef dat die laaste paar
honderd kilos altyd die langste raak… en toe, toe sien ek iets wat die hart aangryp (Christoff) : die maan wat rooi opkom soos ‘n kersie oor die horizon : iets fantasties mooi, wat al hierdie gejaag en gery die moeite werd maak! Almal sal dit seker nie ervaar soos ek het nie, maar dit het nogal oop emosionele sere vir my laat heel word. Ons het dit probeer verfilm maar tevergeefs. Mens kan dit ook nie in woorde beskryf hoe die lig van die maan die landskap in ‘n sagte blou, satynskynsel beklee en mooier as jou hart se punt laat verander nie…

21:10 Marianhill Tolplaza. Die trippie is verby. BAIE antwoorde is gevind. Baie is
nuut gevra.

21:30 Stop by my huis. Die trippie is offisieël verby. Vol opwinding, GOEIE tye
GOEIE vriende en goeie kuns, geselskap en nog meer.

KKNK 2009 is klaar

‘n Lewe sonder verkenning is om met toe oë deur die lewe te gaan en altyd bang te wees vir verandering!

Lekker slap… (tot AARDKLOP) 😉

ZZzZZzZZ

 

Oorspronklik op Facebook gepubliseer: https://www.facebook.com/notes/351597669404939/