06:00 My oe gaan oop maar die liggaam reageer nie. Elke moontlike spier in my liggaam pyn van inspanning. Nee, eerder, ek het pyn in spiere waarvan die bestaan nou eers bevestig is
07:00 Staan uiteindelik op. Vergadering oor 20 min…
7:25 Personeelvergadering. Die mense kla dat Bok se vocals te sag was. Ek verduidelik dat dit bitter moeilik is om die mix reg te kry in ‘n groot tent. En die ouens is ook maar nog jonk en onervare (maar hou daai ene vir myself). Pieter Koen was ‘n hit. En Danie Niehaus.
07:45 Gideon bel. Die ouens van Eden staan in Manningweg buite die gastehuis. Hy sit vas en ek moet spring. Ek laat ‘n klas vol lewendige Graad 9’s aan hul eie lot oor….
08:00 Vier ouens en bagasie en een klein Nissan Tiida. Ek pas die helfte in en beloof om terug te kom. Gelukkig is ons net om die draai
08:30 Tweede trip klaar. Die ouens van Eden doen ‘n soundcheck. Die skool dreun tevrede en ek keer terug klas toe.
08:31 <SHOCKER> die kinders het soos ‘n wilde trop diere (seker in frenzy oor al die gebeure) my klas verwoes. Lemoenskille le oral, papiere gestrooi, en ‘n stuk brood en ham kleef wonderbaarlik aan my klas se venster. Die spanning en moegheid voed die woede…
08:45 Ek laat afkondig dat Graad 9 in die sop is. Afgevaardigdes kom mooi broodjies bak. Een eerlike maak skoon. Die nie die einde nie…
10:00 Eden show een. Die girls is in histerie. Die ouens in verwondering.
11:00 Handtekeningsessie in die vierkant. Die laerskool kleintjie weet nie van wag en in ‘n ry staan nie. Die manne het hare op hul tande (of hul weet wat dit vir CD verkope gaan beteken)!
12:00 Eden show 2. Die skool dreun nogmaals. Die meisies gil van begin tot einde. Die saal raak so warm en moet asem gaan skep.
13:00 Nog handtekeninge. ‘n Ma bring selfs haar babaseuntjie dat hul op haar seun se t-hempie teken (terwyl hy dit nog aanhet)!
14:30 Middagete. Die ouens chill in die lounge en doen bietjie besigheid op hul laptops. Craig Morris, die akteur van Blood Orange maak sy verskyning.
14:42 Johan van Eden wil Pav toe. Ons ry.
15:00 Drop off.
16:30 Johan pick-up. Christoff ry saam om snare te kry vir ons sessie vanaand 6-7.
16:45 Terug by die skool. Ons groet. Gideon van die boys terug lughawe toe. Ek sien uit na ‘n rustige aandjie.
17:15 Kry vir Toffie by Pav.
18:00 Blood Orange. Ons sit vir ‘n uur en 45 min vasgenael. Dis ‘n captivating show. Een man en 4 motorbande. Ware kuns. Dit inspireer ons meer as die bells-and-whistles show wat in die Rapporttent was. Dis soos Spud met ‘n politiese agenda en meer byt. Meer op die man af.
19:45 Die toue staan lank vir Steve in die Rapportent. Dit word deur East Coast Sound and LIghting gereel, so ons staan maar net by. Steve is glo bietjie olik but the show must go on…
20:15 Die show begin.
20:16 Help vir mnr Koos Kruger, feesorganiseerder om die lounge te omskep in ‘n poetry en rooiwyn hoekie. Ons sit ‘n skerm op en slaan ‘n oudtydse truprojektor op. Sweet.
21:10 Bum ‘n lighter om die kerse aan te steek. Steve sing nog steeds. Groet ‘n paar bekendes.
22:15 Steve klaar. Die mense stroom uit. Loop my ouers raak. Staan en gesels.
22:30 Fanie Olivier en Francious le Roux lees vir ons gedigte voor. DIs ‘n tranetrekker, behalwe vir my en Christoff wat begin visvang en onsself moet skop om wakker te bly teen die einde. Francios (oftewel Ha!Man wat vanaand optree) lewer impromtu cello en lees gedigte van sy laptop af. Fanie se gedigte is goed maar swaar, tradisioneel en eg Afrikaans. Gaap
23:30 Half aan die slaap verkas ons. Hopenlik kan ons nou ‘n bed gaan soek en daarop neerval en ons liggame aan die nagrus oorgee. Ons is verkeerd en loop in vriende by die Hap-en-tap kuiertent vas.
Geen wegkomkans. My suster oorreed die klankman om ‘n karaoke lied op te sit en ek moet perform vir ‘n klein gehoor. Eish!!! Ten minste geniet hulle dit.
00:05 Ons groet. Ek moet ‘n bed vind. Dis laat. Maar die duiwel wink en ‘n jong dame lok my na ‘n donker hoekie. Ons se vir mekaar nag. MMMM ,lekker
00:50 Slaaptyd. Nag wereld. 🙂