06:00 Lyfseer het begin kwyn. My liggaam begin die punch gewoond raak. My lae rug is in spasma van ure in die kar rondry en die gange en velde van Port Natal deurkruis.

08:00 Ek soek iets om te doen. Stilsit is nie ‘n opsie nie. Gaan soek Mnr. Kruger en vra waar ek kan help. Hy se ons speel tussen 7 en 8 in die wyntent. Ons is almal moeg. Maar daar is nog 2 dae om te gaan.

08:19 Pedro Kruger en die gang moet gehaal word. Ons almal skiet lughawe toe. Ons wag. Die vlugte is vertraag. Ek maak ‘n selfoonvideo van hoe boring dit is om by die lughawe te wag op celebs.

10:00 By die skool. Die girls van “Die Vrou wat haar man gekook het” moet hotel toe. Ons ry North Beach hotel toe.

13:30 Sit by die lughawe. Rian Ungerer van Select Musiek moet gehaal word. Hy is my verantwoordelikheid vir die res van die fees. (mnr. Kruger wat my nou skiet gee om te kyk of ek die punch kan vat.) Hy vlug is laat. Ek wag…

14:00 Wag nog steeds. Eet ‘n garage pie en koeldrank.

14:15 Tjips, Rian en sy pel het geland. Ek laai hul op. Ons ry deur North Beach hotel toe. Dis net ‘n paar van ons kunstenaars wat die voorreg het om daar te bly, die res moet maar tevrede wees met gastehuise.

15:00 Terug by die fees. Blaaskansie.

15:01 Flop neer op ‘n bed.

15:35 Skrik wakker wat voel soos ure se vreedsame slaap en ek is uitgerus. My liggaam is geflous en neem elke blaaskansie met oorgawe aan.

16:10 Christoff arriveer. Ons gaan haal speakers en stands.

17:05 Werk ons setlist uit. Print musiek. Stel kitare. Stel die klank op.

17:35 Jaco bel. Hy kom kyk na ons show en sal die klank doen. Hoera!!! Ons is uitgelate en bly dat ons nie aan ons eie oorgelaat word nie.

18:10 Begin kitare opstel, soek stoele en ‘n tafeltjie vir die klanktoerusting.

19:05 Ons speel in die wyntent. Bietjie gespanne en onseker val ons weg.

20:00 Dozi val weg in die hoofsaal en ons word gedwing om te luister en te stop. Die man het gepraat. Ons gig is verby… tot more!

21:45 Christoff en Jaco gaan kyk DIe vrou wat haar man gekook het. Ek sluip weg en gaan knip ‘n uiltjie in die kamer.

23:30 Die foon lui. Die show is verby. Ons groet en die aand kom tot ‘n einde. En ek loop in ‘n sluimer terug kamer toe en raak in ‘n oogwink weg. Sien ‘n sms van iemand spesiaal. Dis ‘n nagse sms. Wonder waar sy vanaand is. Ek reply nie. Nag wereld 🙂