07:30 My ooglede gaan oop. Dit is ‘n sonde om so vroeg op ‘n Saterdag wakker te wees en daar is so baie wat voorle
07:45 Kry vir Marion en Marietjie by die North Beach Hotel. Hulle moet lughawe toe waar hulle ‘n kar gaan huur en Maritzburg toe gaan ry.
08:00 Laai af by lughawe.
08:15 Rian en Christiaan oplaai by North Beach Hotel. Hulle gaan venue toe vir ‘n soundcheck.
08:30 Soek die klankman.
08:45 Soek steeds die klankman…
09:00 Gaan na die Rapporttent vir die Oud-Portie ontbyt. Die seunsensemble lede van toeka tot nou tree op. Ek moes daar gewees het maar met al die ryery kan mens net jouself in soveel plekke he.
09:30 ‘n Hemelse ontbyt geborg deur Spur met sjampanje.
10:30 Sang en vermaak
10:40 Dozi en band land op lughawe. Jandre moet vir my ry want ons sit vas by die ontbyt. Bietjie blaaskans, baie dankbaar.
11:00 Oom Stoffel forseer ons om die Port Natal lied te sing. Ons spring op die verhoog en wow die wat nog oor is met ‘n begeesterde rendisie van die lied.
12:10 Gaan terug na die Hap-en-Tap tent. Rian wil soundcheck.
12:11 Die klankman is steeeeeeeds missing…
12:28 Vind die reverb knoppie op die mixing desk. Skroef die klankman, ons kan self!
13:00 Rian rock die tent. Mense kom ondersteun en daar is ‘n lekker vibe aan die gang. Verkoop ook heelwat CD’s.
16:00 Ek en Toffie rock die wyntent met ons akoestiese nommertjies. Ons speel vir ‘n uurtjie.
17:10 Ons moet lughawe toe. Die drakies gaan amper lostrek in die saal. Ons bly stil want Ma en Pa Kruger het gevra dat ons nie seun Bernard se handewerk bederf nie.
17:20 Stop by die lughawe. Ons parkeer. Ek en Christoff staan soos twee eager beavers by die aankomstehek en wag op Diaan, oftewel Paula van 7de Laan faam.
17:25 Sien haar deur die skuifdeure. Yippee.
17:26 Oefen hoe om haar te groet. Die professionele / hardegat approach of die vriendelike / groupie approach. Ek besluit op ‘n kombinasie van die twee.
17:30 Diaan maak haar verskyning. ‘n Groep ooms probeer aanle maar ek plant my merker deur te se “Sy is saam met ons”. Die situasie is ontlont. Ons groet en loop kar toe. Sy is mooi en dis geen kameratruuk nie.
17:45 Stop by die skool. Geen teken van Chris of Pierre nie (Ryno en Oubaas). Diaan bel. Ons moet gastehuis toe.
17:50 Stop by Manningweg. Die gastehuis se deur vlieg oop. Dis Ryno wat sy “Paulie” verwelkom. Ons groet. Ons ry. Ek is starstruck. En Toffie se mond hang oop.
18:45 Ons tokkel weer die snare tot voor Jak de Priester se show. Het die man glad nie gesien nie, was te besig om self musiek te maak.
19:45 Jak trek los. Ons stop want die mense het betaal om hom te hoor en besides ons wil nie vyande maak met mense in hoƫ plekke nie.
21:00 Hap en tap toe. Rian rock weer die tent uit sy nate met treffers soos “Vat aan my, vat aan jou”. Hierdie goed raak al hoe meer catchy. Ek weet nie of dit die drank of die moegheid is nie.
21:45 Ons suiker saal toe want die 7de Laan akteurs gaan nou optree. Ek gaan soek vir Rian-hulle en vind hul in die lounge. Jak le op sy laaste rugwerwel en die res van die band chill al te lekker. Rian en Chris kom saam saal toe en ons kyk die vals snor.
22:15 Vang vis van die moegheid…. zzzzz
22:16 Diaan stap die verhoog op in hotpants, ‘n bra en ‘n pikswart tertpruik. Ek is wawyd wakker.
22:40 Hap en tap tent toe. Rian maak weer musiek. Ons kuier. Die gees is gewillig maar die vlees is swak.
00:00 Rian klaar gesing. Ons ry terug Hotel toe.
00:30 Kuier in tent.
01:00 Tent maak toe.
01:10 Kuier in die teerpad langs die swembad.
01:20 Die Empangeni girls wil nie gaan slaap nie. Ons kuier. Van hier af is alles ‘n blur van moegheid.
04:30 Ek raak aan die slaap op Elsie se rusbank. Cornelius en Christoff gee ook op. Ons gaan slaap. Dis ‘n vaste, dooie slaap. Die fees is verby.