07:30 Die voel of ek actually geslaap het. My liggaam smeek vir nog. Ek sal net nog ‘n bietjie le.

07:45 Moes al in die stad gewees het om Rian-hul op te laai.

08:00 Kry Rian en Christiaan.

08:10 Stop in Manningweg. Kry vir Diaan. Sy lyk steeds ewe aantreklik, self so vroeg in die oggend. Die moegheid maak dat ek minder selfbewus is en Rian maak al die gesprek. Dankie tog, ek is finished!

08:30 Laai almal by die lughawe af. Dit is verby. Keer terug koshuis toe, val op my bed neer en sluimer in en uit droomland. Dit was ‘n rit, veral met die Nissan Tiida. Soos hul motto eens gesê het: “Life is a journey – enjoy the ride.” TOTSIENS KOLLIGFEES 2007. Hallo realiteit 2007.

Spread the love