HIERDIE DAGBOEK WORD OPGEDRA AAN JACO : my grootste en enigste dagboek fan!!!
9:45 Toffie en lola rol in by die hek ( lola : die sexy, “hot”,[sal later daai een verduidelik] road trip fasiliteerder.
10:15 Stop by Toffie se ouer huis om louw “die marmot” te besigtig en baie groot medelye saam met hom te betoon oor sy uiterste slegte situasie waarin hy homself bevind… aka hy leef soos `n koning met tand pyn.
10:21 Hoor `n klop en kruip weg vir toffie se niggie en nefie wat in die kinderhuis bly en kry louw om voelverskrikker te speel!!
10:45 Oppad na salajees om wallsealer op te tel vir oom pikkie ( soortvan betaling vir verblyf ) 
11:30 Kom aan in PMB, ry heeltemal verkeerde rigting in en vind uit deurmiddel van `n sel oproep dat die klere aanpas sessie wat eers 12uur sou begin al 10 minuste klaar is en dat christoff se ouers nou vir ons wag by die steers oor kant die snelweg!!!
11:45 Aaaaaaah verrassing gratis middag ete thanx oom stoffel!!!
12:10 Lola sug en kreun van die pakkasie, ai ai, girls kan maar net nie lig pak nie
12:26 Vat die Hilton afdraai (Louis besef dat Tania onlangs by hierdie afdraai opgegooi het in haar pa se nuwe kar)….
12:28 Ry verby Christoff se voormalige werksplek, Country Furniture… geen comments!
12:29 Hoeveel weeg jy regtig? Ons vind een van daai oudtydse publieke skale wat nog met 50c werk.
12:31 Drink ‘n milkshake by die Quarry Mall waar ons die vorige jaar ook was. Amazing uitsig.
12:55 Wishing well pret. Wie het gedink mens kan soveel fun met jou kleingeld he!
13:00 Gooi petrol in : f*ken duur 🙂
13:02 Goeie diens, ons ry weer!
13:03 Liewe dinges, maar dis warm in die kar. ‘n Aero chocolate smelt in Louis se hand op pad na die mond!!!!
13:30 Ry
13:31 “Are we there yet?” (vra Louis) “Moenie met daai k@k begin nie” (hap Christoff)
14:15 Eerste tolhek (eina)!!!
15:01 NOG ‘n tolhek (eeeeeeeeeeina)
15:40 ‘n Veldbrand. Visibility – zero. Sien karre wat hul agterstewe verloor het. Ai ai, dom mense wat nie kan dink nie!
16:00 (min of meer) Stop by padstal en koop ‘n vrag biltong en iets koud want Lola is op hitte! LETTERLIK!
17:10 NOOOOOOOOOOOOOG ‘n vervlakste tolhek (GEEN wonder KZn het die beste paaie nie – ons BETAAl daaarvoor ja!)
17:23 Yeah, Engen One Stop in Vaalieland. “Wilde” Katte wil ons kos steel (ons het net koffie gehad)
18:00 Op pad Vereeniging toe. Daar is actual stopstrate op die hoofweg! Izel het ons telkemale daaraan herinner behalwe
 toe dit regtig saakgemaak het. (Hierdie Noordwes ingenieurs is CRAZY!)
19:10 Vereeniging. Ry amper by een van die kragsentrales in nadat ons die afdraai mis!
20:30 Potch! Finally!!!! Ons trek in by KFC vir ‘n versnaperinkie. Val weg Stilfontein toe.
21:00 Stillies is wel, mmmm, stil! Nie die Durbaniete nie!!! hehe soos julle sal sien…
21:15 Stop by Oupa en Ouma se huis. Hoe dankbaar, die sleutels le in die posbus, hoe oulik en nadenkend van hulle 🙂
21:16 Blik****$£^”^%$£ die sleutels werk nie!!!! 🙁 Die knip aan die binnekant maak die plek onpenetreerbaar
21:17 Sit en eet KFC op stoep. Almal stil en watter bos die gemaklikste sal slaap… gelukkig is dit nie koud nie 🙂
21:22 Oupa laat weet julle het die genotvolle taak om die deur oop te breek.
21:22 Ons bestorm die deur. Niks gebeur nie. Ons is in pyn….
21:22 Christoff laat nie op hom wag nie. Uit pure frustrasie gee hy ‘n laaste en desperate poging.
 Sy skouer tree op as ‘n battery ram en hy bestorm die agterdeur. Gelukkig gee die knip mee en Christoff ook
 en met minimale pyn is ons binne. Halleluja.
21:30 Pak uit. Ontspan en speel kitaar.
22:31 Izel gaan haal boorgatwater. Dit is lekker! 
11:48 Hierdie dagboek is klaar getik!!!
11:50 Die boys deel ‘n dubbelbed. AAaaaaargh!
00:15 sms Tania vir haar verjaarsdag.
P.S. Lola is die naam van Christoff se kar!