In 2007 was ek deel van die ABSA Kolligfees, ‘n jaarlikse kunstefees wat in Durban gehou word. Hier is ‘n dagboek van my ervarings as deel van die reëlingskomitee:
08:00 Maak sitpleknommers vir die Rapporttent se golden circle. Verlede jaar se nommers is skoonveld en die betrokke mense het die templates van hul rekenaars af verloor
09:00 Kry ‘n paar ouens en girls om te help plakkate opsit. Die wind speel nie saam nie en die prestik wil nie hou nie
10:30 Ons moet Nissan-handelaar toe ry want Durban South Nissan in Toti borg ons 3 voertuie (‘n X-trail, Hardbody Double Cab en ‘n Tiida) waarmee ons die sterre kan rondry.
11:00 Ons drink koffie en chit-chat, wag vir die double cab
12:30 Steeeeeeeeeds by die handelaar – die ding moet stickers opkry en signage want die manne wil adverteer
13:00 Terug by die skool met my geborgde kar en die skooldag is verby en daar is nie ‘n enkele klas aangebied nie 🙂
13:05 Matriek rekenaarstudie kinders kom handig projekte in (of nie) en ons werk aan hanleidings vir die take.
13:22 Coach Jan bel. Iemand in die V.I.P lounge het rekenaarprobleme. Ek val amper op my rug – Danie Niehaus kry nie sy backtracks gesny nie. Na ‘n stryd met Windows Vista kry ons dit gedoen. Wat ‘n nice celeb, plat op die aarde.
14:15 Soek ‘n haarkapper in die Berea area………..
14:45 Soek steeeeeeeeeeeeds ‘n haarkapper in die Berea area…..
15:00 Vind Laurette’s Hair Studio in die ou Buxton’s Village Mall en ‘n dude genaamde Nico sny my hare in rekordtyd. (as mens met celebs werk moet jy darem skaflik lyk)
15:40 By die skool. Gideon nie hier nie. Mnr Koos Kruger se ons moes by die lughawe ontmoet het. O bugger, scramble… en kom eerste daar aan.
16:20 Laai Bok van Blerk en band op. Sewe ouens altesaam. Ons pas hul en hul tasse net-net in die 3 voertuie. Die basspeler en elektriese kitaarspeler ry saam met my. Die Tiida se boot is so klein ons gebruik ‘n sitplek vir bagasie (jammer Nissan, die res van die kar is gr8!!!)
16:30 Sit in die verskriklikste verkeer in South Coast Road vas. Die ouens lyk mins gepla.
17:10 Soundcheck.
18:00 Die band is nie happy met die sound nie. Some fool het die gates oopgemaak en die mense begin instroom. Bok weier om verder soundcheck te he met die gepeupel in die oog. Hul wil ook nie meer optree nie (it’s my party I can cry if I want to). Na mooipraat verander hy darem van plan.
18:00 Die show begin… Danie Niehaus sing….. <bzzzzzz> my foon vibreer……..
18:10 Bok se ouens wil gastehuis toe
18:30 By Ansteys Beach Guest House, band ingebook
18:45 Terug by die skool
18:55 Raas met ‘n besope en/of gerookde skoolleerder
20:40 Laai die band weer by die gastehuis op
21:00 Arriveer by die skool
21:05 Raas met die dieselfde kind. Vind my klaskaptein uitgepass in die seunsbadkamers.
22:30 Die polisie kom waai die vinger. Die inwoners kla dat hul venster onophoudelik vibreer en dit is reeds na 10 op ‘n weeksaand in ‘n residensiele area.
23:00 Die show is verby. Na 2 encores.
22:20 Die ouens gesels in die kar oor kitare en effects pedals. Ek bly stil en volg die hele konversasie. Seker gedink die taxi driver sal nie ‘n clue he nie.
23:30 Bok en band terug by gastehuis. Drink ‘n drankie en neem afskeid. Die ouens verslind ‘n spread wat die gastehuis vir hul reggehou net. Bok groet my as Louis en ek hom.
00:30 Ligte uit
Oorspronklik op Facebook gepubliseer as ‘n nota.