In die pikgietswartdonker
roep ek jou naam
die klowe antwoord karnivories
soos ‘n trae grenspos kleef hul aan my enigste paspoort tot jou hart
eggo’s verstar in my siel met wanhoop en ek verloor jou koordinaat
tussen die grynslaggende klippe en hostiele plantegroei
vind ek ‘n oase om my dors te les, tydelik soos in ‘n mirage
waar kamele snorkgebuk kniel en my aangluur
en ek uit ‘n emmer my lewensvreugde moet put
maar erens tussen die duine deur stormwind verskuif
sal ek die glans van hoop
in jou oe kan vind
15 January 2009