Ek ruik bloed
Jagtersinstink wel op tot ‘n crescendo
Die voorwerp van begeerte in my visier
So maklik om te korrel
Kruishaar kielie haar keel
en al hoe laer
nader aan die skaam waarheid
Elke spier gespanne met die opgewonde verwagting
Die donker jagter grynslag terwyl ek probeer kophou
Dis presies wat jy wil hê op daardie oomblik
maar as die prooi gewond voor jou kom struikel
wens jy dit was anders
mooier
14 Januarie 2009