In ‘n droom word ek wakker
Jou gesig voor my klokhelder in die weerkaatsing van ‘n melodie
En ek ken die wysie, gevul met emosie en brose menswees
Van vrees vir alleenwees
Brose liggaam afgeskil tot gestroopde eerlikheid
Die vrese van die hart eggo versplinter vanuit die skerwe van ‘n vorige spieel

Sien ek jou refleksie in al my bewegings
Jou danspassies bekoorlik
Iets in my siel resoneer jou vloeibaarheid en skielik voel dit of ek die dans ken
Geprogrammeer om leiding te neem in die stappe
Voel die ritmiese tinteling van ‘n nuwe, vars avontuurlike dwarreldans
wat polsend my aandag verg en konsentrasie verg om by te hou

Die musiek begin momentum kry en die lewe bruis
skielik opwindend nuut
my hart oorstelp
Moet nog kleppe vind
om die bloed bysterend deur te laat

Meteens, die momentum
mallemeule draai
skop wal teen die prikkels
die snelspoed van slinger
om en om en om en om en om en om en om en om en…

‘n Pyn in my sy…
Gekwes en gewond
verloor die lewenskrag
Die slagaar van my vertroue deurdring
en terwyl ek sidderend met wraak
die dief in die nag
agterna kyk
wat steeds vir my grynslag

11 January 2009