Kan ‘n mens so na ‘n gesig verlang
Ek wil jou sien want jy het my hart so gevang
Ons twee praat en die laggery voorspel
Daar’s vuurwerke wat ons tydjie saam sal vergesel
Jou gypsie toppie en juweelsandale
Word ek omring deur jou blonde hare
Hier waar ons sit in die nag verskuil
Die aand’s nog jonk maar die ure het verbygeseil
In die somer van jou glimlag
vind ek die warmte van jou liefde
as die winter van alleenheid my koud laat
en jou woorde soos herfsblare
al is wat ek het
dink ek aan die moontlikhede wat wag
in die toekoms
soos ‘n lentedag
Hand aan hand het ons saam gehardloop
Gelag oor hoe ons mekaar so gevind het
Die aand was nog jonk en die herinneringe soet van
Die water uit jou fontein van jeug se proe
7 August 2008