Jou etiket het my aandag getrek
‘n goeie jaar
My laat verlang
na ‘n middag onder ‘n okkerneutboom
met aarbeie en room

Die son het geknipoog
en die lewe was nog jonk
Ek het die kurktrekker vergeet
Maar jou tande slaggereed
en gou-gou het die kurk
daar getrek

Jong wyn, soos bloed
sou kon hou vir nog ‘n jaar
Maar met die gloed
was dit die wyn
wat die dors moes voed

5 August 2008