Die ritselwind van die muse se gefladder
dis die dans van ‘n kieliewind deur die koringland
voor ‘n groot storm se gebars
Voel haar teenwoordigheid
teen my vel
soos ‘n bloedhonger muskiet
Die nat stofgrond reuk
verklaar haar koms
lank voor sy haar verskyning maak
Met ‘n warrel draai my gemoed ontstuimig
die towerspesery bygevoeg
meteens staan sy agter my
haar stem ragfyn
sing ‘n deuntjie in my oor
totdat ek saamsing
Lig die deksel eers effens
die prutgeure ontsnap
my mond is toe
maar die lied
resoneer steeds deur my

23 January 2009