In ‘n swangerstilte
Kom die eerste tekens
‘n vuurspuwende lekkasie
begaan in oomblikke van ekstase
begewe tot pieke van inspirasie
gevoelens loop oor
in die ingewing van ‘n oomblik
ek sterf nie ‘n duisend dode nie
net een
die kontraksies van peristalse
wring deur die gemoed
dit moet uit
en gelaaide woorde
vermenigvuldig, verdeel
die selle van konsepsie stapel op mekaar
weef ‘n tapeserie van menswees-ervarings
en binne ‘n oogwink
staar ‘n blinkoog-bebloede
pasgebore skeppingsdaad
terug na my
selfvoldaan

23 January 2009