Ek skrik wakker vanuit ‘n droom
die credits rol terwyl die kassie
‘n tranetrekker tune blêr
my arms voel dood
asof ek my ooreis het
leeggeskryf het
‘n Papier vlinder fladder
vanuit die niet
en ek krap kop
het dit nie sien gebeur nie
maar sy was hier
dis skrif is aan die muur
en ek gluur na die papier
die muse het vertrek
wie is ek

23 January 2009

Spread the love