Ek het jou gewaar
daar waar jy jouself
vasgebind het
aan die brandstapel
van jou selfopgelegde
vonnis van persepsies
Gedoem tot gee en nie ontvang
‘n omgekeerde Dooie See
Sou
hierdie Fetus
wat in jou
sy kloue
ingekap het en jou liefdesbloed
met elke teug
opslurp,
julle albei
in die proses
nie laat leef nie
Drink dan hierdie bloed van my
skaars O-negatief
as dit dan is waarna
jou sidderende
lewelose siel smag
om die witbloedselle
van my menswees te
verorber
Voed die kwaad in jou
die predatoriese instinkte
sodat ek jou kan lostorring
van hierdie siek simbiose
Dreineer jou hart van die haat
wat ‘n olieslik om jou emosies
span
En word jy, nuutgebore
en sny die naelstring
af
en uit
jouself
19 May 2009