‘n skubbesaad
onder stille sediment en water
haar oorsprong diep vasgeanker
deur ’n enigste
wortel van hoop
ontkiem
lewenswonderwerk
en breek deur die
potsierlike
metamorfose
van wurmwees
to vlindervry vrouwees
blomgebore
draai sy haar gesig
na die son
en glimlag
megafoon van kleure
verkondig
misterieuse geheime
wat haar hart sal ontsluit
kluiskode
ontsyfer
en die siel laat
blom

24 May 2009