7:30 Pick up at Toffie’s house. Bietjie laat (dis ‘n roadtrip, dammit!), ons weet maar die keer is tyd ons s’n.

8:30 Lekker lekker! Als gaan soos ‘n Switserese wekker todat ‘n polisieman ‘n Toyota Corolla probeer aftrek en hy nie stop nie! Polisieman klim in sy kar (Audi A3 turbo) en op hierdie punt is die bets oop!

8:35 MENSE, ons het tot die konklusie gekom dat mens NIE vir ‘n Traffic Audi A3 kan wegjaag in ‘n Toyota Corolla nie. Soooooorry!

9:57 Quick stop by Margate. Ai, a,i ai Margate, PRAGTIGE Margate! Die strand is so vol Vaalies, dit voel soos Loftus Versveld. Hehe. Ons nuttig ontbyt voor die groot druk deur die Transkei, hou maar al dinge wat gekruis kan wees gekruis.

10:45 Slaan die “WILD COAST” met a vengeance.

Ok, tot en met so 12:45 “windey” paaie. Eende, bokke, koeie, mense, marsmannetjies, trokke, slaggate, taxi’s, gaar karre en ja, julle het reg geraai, een stomme persoon op ‘n fiets, wat die lewe ONGELOOFLIK moelik maak en jou frustrasievlakke die dak deur jaag!

13:00 Ry in in by Port St. Johns. Allamapstieks, wat ‘n mooi plek! Bekyk dit so ‘n bietjie en sit dan stil vir ‘n koue enetjie.

So tussen 13:15 en 18:00. Weer dieselfde soos tussen 10:45 en 12:45 behalwe dat dit donker raak. Kry KFC by die dodgyste plek ooit en verloor amper al ons eie biertjies in ‘n rare maar ware oomblik van verlies in konsentrasie. (Het die agterdeur oop vergeet!) Ook maar goed dat niks drasties gebeur het nie, anders was die trippie toe alreeds verby!

18:00 King William’s Town. Besin oor om petrol te kry of nie en besluit daarteen. Net so tussen ons – AMPER ‘n BAIE groot fout!!

19:00 Grahamstown in vir petrol en besef as ons nou nog wil deur JBAY toe ons eers 12 nm daar gaan aanland. Vind die Graham Hotel en gaan beleef die naglewe.

19:30 Kom by Rat and Parrot aan en stop vir aandete daar en hak so bietjie vas agter die drink kantien. Annine ons waitressie is op haar stukke. Die plek is vol, dis ROWDY en een MAJOR atmosfeer.

22:30 Besluit na ‘n lang gespartel om die bill te kry om te waai. Swerf die strate in en bevind dat die dorp ONGELOOFLIK MOOI is en voel soos ‘n Japsnese toeris met die rate wat ek foto’s neem.

Ek weeti wat die tyd is nie, maar dis laat, ek’s moeg en ek kanniei my kamer kry nie. Hahaha.

Cheers tot more! ZZZZZZZZZ.

Oorspronklik op Facebook Notes gepubliseer: https://www.facebook.com/notes/1055851604835780/