Die onoorbrugbare foute van die verlede
dryf ‘n wig tussen ma en kind
en op hierdie noot van verandering
kon hulle dan geen middeweg vind?
En as die stemme van woede lek aan jou keel
Jou eie logika en rede deur woede oorheers
En die aanvaarding van kleur jou gesin verdeel
Wat anders kan jy doen as dit wat jy in jou siel vrees
Trap op jou stert en die tande van alleenheid sal wys
Jou riglyn is die teksvers verdraai met die kruis
Jou gewete is ‘n naelstring en bind hy jou vas
aan ‘n bebloede liggaam wat jou baarmoeder was
22 July 2008