My golden tweet

When Wikipedia shut down its website for 24 hours on January 18 to protest SOPA, Twitter went beserk with the hashtag #Factswithoutwikipedia.

Read More

Social Media And Narcissism

 

Echo and Narcissus – so it was a myth after all

The Greek myth of Narcissus runs deep in our society’s moral fibre and the lessons it teaches are far-reaching. Self-love can actually kill you, or loving someone else to the extreme, for that matter. But how has social media snubbed this ancient learning in the 20th century?

Read More

Gee My ‘n Rede

Aan almal wat luister                       
Kan ek dalk jul aandag vir ‘n oomblik steel
ons almal is hier byeen                         
die uitkoms is so vreemd                        
gaan ons weer probeer                       
of is die skrif aan die muur                          
Gee my ‘n rede om by jou te bly                           
die twyfel stry met alle mag teen my
gee my ‘n rede kan jy jouself nog vind
die rondomtalieswaai is te veel vir my

Jy bly net ver genoeg                        
buite alle moontlike bereik van my

jy wys jou donker kant                          
ek het my brue verbrand                      
jy wou my hart verpand                       
dis ‘n uitgemaakte saak

Hier’s Vandag

In ligte laaie staan ons nou
nog ‘n waardevolle les
in die leerskool van verhoudings
doen ons almal maar ons bes
My beste voet is voorgesit
al my kaarte is gespeel
en ellelange verduid’likings
gaan ons eintlik net verveel

Deur dik en dun was ons beseel
ons planne duid’lik uitgestip
in die plakboek van ons saamwees
spring jy eerste van die skip
Die rotse het gegrynslag
en die onraad was gemerk
eis van jou my oortyd
want hierdie voel soos werk

Hier’s vandag

ek’s soek jou naam

Vat jou lewe terug en jy sal sien hoe ‘n beter lewe lyk

Dalk kan ons dan die mure breek

En die liefde soek wat hulle preek


(vers 3)
Wipplank-ry emosies
kies ‘n masker in jou kas
na elke onderonsie
is ons net verder as wat ons was
metaalverklikker windverwaai
jou hande gee jou weg
en ingebore instikte
eintlik was ek reg

KOOR

Solo

Ek wil jou nooit ooit weer so sien nie (x2)
Die dinge wat ons in dra is ook die dinge wat ons bind

Hallo Hallo

Hallo hallo, wie is jy?
Ek soek na jou en jy soek na my
Het jy verdwaal in ‘n eenrigting straat
of het jy weggeraak in ‘n cul-de-sac vanaand

En nou en nou, het jy berou
Of het jy opgehou om my te vertrou
Ek maak jou bang want ek weet ek kan
My windmaker ego sal die seile laat span

En as jy aan my dink
Weet ek jy kan vrede vind

Hallo hallo, is jy nog met my
antwoord jy fone wat ooit ophou lui?
Spoedvrate regs, maar jy gaan links verby
Oos wes, daar’s net een soos jy

Hoe nou, hoe nou, sê tog vir my
Hoe sou ek dit ook kon verbrou?
Ons het nog nooit ontmoet nie
En ek het nog nooit gesoek nie
Blindemol ek het ‘n sooibrandkol
Daar is tog niks fout nie
en ek raak ook glad nie oud nie

Maar as jy aan my dink
Weet ek jy kan vrede vind

Daar’s net een soos jy… (x4)

Wmj?

k ht ju gmsg dat k ju laaik
dt ws 1ste op bbm, whatsapp en tu skype
die msg ht deliver en
k ht gesien dt j dt lees
ma vi j reply wag ‘k tevrgeefs

Nastergal ballade

jou aandagsoekende
middelkindsindroom
spreek boekdele van die
armoede waarin jou
braakgeploegde siel
ditself bevind

 

Daar waar jy tekortgeskiet het
het ek myself gevind sonder verwyt
weerloos en arm sonder pretensie
Jy’t jouself losgetorring van my omgee
en gespoeg op die wang van vergifnis
daar waar ons almal staan
en die skarlakenskuld van ons hande afwas

 

Ek wou vingers wys maar
in ‘n oogwink het jy my gewys:
ons is eintlik almal
wolwe in skaapsklere
wat die valdeur op ‘n skrefie
vir die bose ooplaat

 

Ek wou jou verlorenheid ontlont
jou kompas herstel
in die proses my trots
in die skarniere van jou verwyte
laat knyp en sodoende
‘n boord van verwyt
tussen ons gesaai
en die vrugte wat ons nou pluk
die verdoemde oes van genetiese
en onoorbrugbare verskille

9 November 2011

Die siel van ‘n blom (vir Ingrid)

‘n skubbesaad
onder stille sediment en water
haar oorsprong diep vasgeanker
deur ’n enigste
wortel van hoop
ontkiem
lewenswonderwerk
en breek deur die
potsierlike
metamorfose
van wurmwees
to vlindervry vrouwees
blomgebore
draai sy haar gesig
na die son
en glimlag
megafoon van kleure
verkondig
misterieuse geheime
wat haar hart sal ontsluit
kluiskode
ontsyfer
en die siel laat
blom

24 May 2009

Die maagd en die draak

Ek het jou gewaar
daar waar jy jouself
vasgebind het
aan die brandstapel
van jou selfopgelegde
vonnis van persepsies
Gedoem tot gee en nie ontvang
‘n omgekeerde Dooie See
Sou
hierdie Fetus
wat in jou
sy kloue
ingekap het en jou liefdesbloed
met elke teug
opslurp,
julle albei
in die proses
nie laat leef nie
Drink dan hierdie bloed van my
skaars O-negatief
as dit dan is waarna
jou sidderende
lewelose siel smag
om die witbloedselle
van my menswees te
verorber
Voed die kwaad in jou
die predatoriese instinkte
sodat ek jou kan lostorring
van hierdie siek simbiose
Dreineer jou hart van die haat
wat ‘n olieslik om jou emosies
span
En word jy, nuutgebore
en sny die naelstring
af
en uit
jouself

19 May 2009

Gebrandmerkte bewuswordings

In die spanning van jou allerdaagse ervarings
Gekluister tussen die wraak van jouself
liefhe en ander ontnugterings
wink die mite
van onontdekte euforie
daar waar die skatkis van jou
blinkgepoetsde geluk lê en wag
die kaart verbleik en betas
deur gretige hande wat
ook soek daarna
Monopoliseer jou brein
se proseseringsdade
en besin onomwonde
oor die nuwe skakerings
wat kraandrup
afgemeet
jou aandag soekend
en dawerend
epifanie
en skielik
weet

11 March 2009